Byleveld Dossier van ’n baasspeurder
Die
pas afgetrede speurder Piet Byleveld is legendaries. Hy is die man wat sommige
van Suid-Afrika se bekendste misdaadondersoeke, insluitend die Leigh
Matthews-ontvoering, opgelos het. Hy het 'n 100%-slaagsyfer met reeksmoorde. In
hierdie boek skryf bekende joernalis Hanlie Retief van Rapport, aan wie Byleveld
sy dossiere eksklusief beskikbaar gestel het, oor sowat twintig van die mees
berugte reeksmoordenaar-gevalle en talle van die ander moorde wat hy opgelos
het. Tussendeur skets sy die storie van Byleveld se eie lewe. Die boek sluit
volkleur foto's uit polisiedossiere in.